Milanka (18) tuis na suksesvolle hartoperasie

Milanka in haar hospitaalbed.

VANDERBIJLPARK. – Na ‘n lewensnoodsaaklike ope-hartoperasie, gevolg deur longontsteking en agt dae in die hoësorgeenheid, is Milanka McDonald (18) buite gevaar en sterk sy tuis aan.

Dit was die vierde hartoperasie wat Milanka, ‘n Downsindroom-lyer van die dorp, ondergaan het. Die operasie is op 3 Augustus van 06:45 tot 13:00 by die Sunninghill-hospitaal gedoen. Delikate werk is deur die aorta gedoen om ‘n vergroeisel te verwyder wat drukking op haar hart geplaas het. Dié operasie was suksesvol en die bloeddrukking in haar hart wat tussen 80 en 120 was, is na net 20 verlaag. Twee dae na die operasie het Milanka egter ‘n terugslag beleef toe sy longontsteking opgedoen het. Dit kom glo algemeen voor by Downsindroom-pasiënte weens die tyd wat hul aan die hart-long-masjien gekoppel is. “Dit was vir ons en Milanka ‘n traumatiese ervaring en baie pynlik. Stadig maar seker het sy op die behandeling begin reageer en beter geword,” sê ma Tania en pa Cobus.
Na agt dae in die hoësorg-eenheid is Milanka uiteindelik na ‘n algemene saal oorgeskuif en is sy op 13 Augustus ontslaan. “Alle eer aan ons Hemelse Vader wat ons deur dié tyd onderskraag het,” sê Tania. Die egpaar bedank in besonder vir dr. Nhati Mdladla (narkotiseur), dr. Mamorare (hartspesialis), dr. Kenny Govendrageloo (kinderarts-kardioloog), asook ouma Joey en oupa Piet Koen vir die versorging van die ander twee kinders in die tyd. “Groot dank aan almal vir die gebede en ondersteuning, asook Walter en Betty Jones, Lusinda van Os en Simeon vir die kuiers in die hospitaal,” sluit die McDonald-egpaar af.

Links: Milanka se kêrel, Simeon Steyn van Meyerton, kuier by haar in die hospitaal. Foto: Verskaf

Links: Milanka se kêrel, Simeon Steyn van Meyerton, kuier by haar in die hospitaal. Foto: Verskaf

Latest News

COMMENTS

Parys GazettePotchefstroom HeraldSedibeng SterVaal Weekblad
Top