La Montage se ruiters wys hul staal

La Montage se ster-ruiters Ethan Bradnick, Diandi Coetzee, Cheree Strydom, Dina-Marie Bradnick, Maritsa Barnard, Jane Nel en Timothy van der Merwe. By die groep is hul afrigters, Jeanne-Marie Moller en Riekie Moller.

Ruiters van regoor die area het van Mei tot Augustus vanjaar aan ses kompetisies, wat as kwalifiseerders vir die “Sanesa Saddle Seat Equestrian”-kompetisie gedien het, by die Afridome by Parys deelgeneem. Sanesa is die Suid-Afrikaanse nasionale skole perdry assosiasie. Dié kompetisies het aan elke ruiter die kans gegee om hul staal te wys en ook hul skool te verteenwoordig.
Agt van La Montage se ruiters is na afloop van dié uitdunne vir die Gauteng-span gekies wat tydens die nasionale kompetisie teen ruiters van die ses ander provinsies gaan meeding. Dié nasionale kompetisie gaan op 2 en 3 Oktober by die Afridome plaasvind. Al die jong sterre is deur Jeanne-Marie Moller afgerig. Maritsa Barnard gaan met Jack of Hearts in die Vlak 0 – Leiriem stap-afdeling in die Plesierperd Performance klas en in die Ruiterkuns klas meeding, terwyl Dina-Marie Bradnick met Maroy Gloria in Vlak 0 – Leiriem stap in die Plesierperd Performance klas en in die Ruiterkuns klas haar staal gaan wys. Sy gaan ook met Jack of Hearts in die Vlak 0 – Leiriem Stap/draf in die Plesierperd Performance en in die Ruiterkuns klas deelneem.
Timothy van der Merwe, gaan met Spirit in die Vlak 0 – Leiriem Stap/draf in die Plesierperd Performance klas sy staal wys. Diandi Coetzee gaan met Diva in die Vlak 1 – Stap/draf klas in die Plesierperd Performance en die Ruiterkuns klas deelneem. Cheree Strydom gaan haar staal met Twilight Sparkle in die Vlak 1 – Stap/draf klas in die Plesierperd Performance en in die Ruiterkuns klas wys, terwyl Jane Nel met Tessa in die Vlak 1 – Stap/draf klas in die Plesierperd Performance en in die Ruiterkuns klas gaan meeding. Ethan Bradnick gaan met Maroy Gloria in die In Hand Vlak 1 klas net stap, en ook op Vlak 2 stap/draf in die Plesierperd Performance sowel as die Ruiterkuns klas deelneem. Cherenique Janse van Rensburg gaan met Twilight Sparkle in Vlak 2 Stap/draf in die Plesierperd Performance klas en die Ruiterkuns klas deelneem.

Latest News

COMMENTS

Parys GazettePotchefstroom HeraldSedibeng SterVaal Weekblad
Top