Callies-ruiter kán perdry

Melissa en haar perd, Commander's Best, saam met hul afrigter, Stephne Krugell.

Melissa Hibbert, ‘n graad nege-leerder van Carletonville Hoërskool, het van Mei af aan verskeie SANESA kwalifisering-skoue deelgeneem.
Hoewel die noodlot teen haar was en haar perde verskeie beserings opgedoen het, kon sy wel daarin slaag om provinsiale kleure in vier items te verwerf.
Sy sal Carletonville Hoërskool by die nasionale skolekampioenskappe op 2 en 3 Oktober in Parys verteenwoordig.
Sy sal met Sultan’s Quatro aan die driegang ruiterkuns en “performance”-klasse deelneem en met haar ander perd, Commander’s Best, in die vyfgang ruiterkuns en “performance-” klasse meeding.

Latest News

COMMENTS

Parys GazettePotchefstroom HeraldSedibeng SterVaal Weekblad
Top