In die Herald 20 jaar gelede – Mortier skiet man se hand aan flarde

‘n Voerbuis van ‘n mortier het ‘n motorwerktuigkundige by die plaaslike oorgangsraad op Carletonville se vingers aan flarde geruk toe dit in sy hand ontplof het.
Mnr. Alex Sounes (40) van Carbonstraat 15 was by die werk toe hy om 16:00 in sy kantoor op ‘n koper-item op sy tafel afgekom het. Sy vrou Nettie, het gesê haar man versamel gereeld stukkies koper en daar is tot ‘n houer op sy lessenaar waarin hy dit bêre. Hy het glo die stuk koper opgetel en ‘n gedeelte afgeskroef en dit eenkant gesit, waarna die res in sy hand ontplof het.
Werkers wat daar naby was, het die slag gehoor en onmiddellik noodhulp op hom toegepas. Mnr. Sounes was reeds in erge pyp en deurweek van bloed toe die nooddienste minute later op die toneel opgedaag het.
Hy is na Mediclinic Potchefstroom geneem, maar is die volgende dag na die Jakaranda-hospitaal in Pretoria oorgeplaas. Die duim aan sy linkerhand, sy wysvinger en ‘n gedeelte van sy hand is in die proses weggeskiet.
The Transitional Local Council of Craletonville was the proud recipient of the trophy for the Best Local Government for Housing. They received it at a dinner the previous Monday evening, which is an annual event held under the auspices of the Gauteng department of Housing and Land Affairs. ‘n Oud-sakeman van Carletonville is die vorige Saterdag in die Kaap oorlede ná sy lewer en niere ingegee het. Mnr. Daan Pretorius (68) (bekend as Blink Daan) was in die omgewing bekend vir sy talle deugde en vriendelike geaardheid.
Hy en sy vrou Sarah, het reeds in 1958 na Carletonville verhuis en haar man is as verkeersinspekteur op die dorp aangestel. Hy was ook ‘n liggaamsbouer en het sy eie gimnasium bedryf waar Edura vandag staan. Hy het Carletonville Transport tot in 1987 besit en was ook ‘n knap vlieënier. Hy en sy wedvlugmaat, Dave Gerrand, het in 1973 die Staatspresidentstrofee-wedvlug, destyds die grootste in Suid-Afrika, gewen.
A target shooter of Carletonville did well in the Commonwelth Games in Malaysia. Corné Basson and his fellow team member, Jaco Henn from Randburg, participated in the three positional event with .22 Anshütz target rifles. In the badge match they ended up in the second place and in the team match they came fourth by five points.

Latest News

COMMENTS

Parys GazettePotchefstroom HeraldSedibeng SterVaal Weekblad
Top