Man in nywerheidsgebied gekaap

’n Man is Donderdagmiddag 30 Augustus omstreeks 12:30 in Tieroogstraat in die nywerheidsgebied van Potchefstroom gekaap.

Die man het met sy wit Toyota Hilux bakkie gery toe ’n motor skielik voor hom tot stilstand gekom het.
Volgens polisiewoordvoerder, a.o. Mpho Manyoba, kon die man nie betyds stop nie en in die voertuig voor hom vasgery.

Die volgende oomblik was nog ’n voertuig agter hom. Drie mans het uit dié geklim en een van hulle het ’n vuurwapen by hom gehad.

Die mans het hom gevra of daar ’n opsporingstoestel in sy bakkie is. Nadat hy gesê het daar nie een is nie het hulle hom op die agtersitplek van hulle motor laat sit en sowat ’n uur en ’n half lank met hom rondgery voordat hulle hom afgelaai het.

Die vermoede is dat een van die insittendes van die voorste motor met die Hilux bakkie weggery het.
Die bakkie het wel ’n opsporingstoestel maar die Herald kon nog nie vasstel of die bakkie wel opgespoor is nie.

Latest News

COMMENTS

Parys GazettePotchefstroom HeraldSedibeng SterVaal Weekblad
Top