Carletonviller een van land se beste boerewors-makers

‘n Bekende inwoner van Carletonville was verlede week een van die finaliste in Checkers se jaarlikse boereworskompetisie.
Me. Anita Schutte, aan talle inwoners bekend vir haar uitstekende bakwerk by Etceteras Tuisnywerheid, was een van die top tien finaliste tydens Shoprite en Checkers se jaarlikse boereworskompetisie. Dié kompetisie, wat vanjaar vir die 26ste keer gehou is, is op 29 September beslis. Schutte se seun Abrie, ‘n oudleerling van Hoërskool Wonderfontein wat deesdae in Faerie Glen in Pretoria woon, was ook een van die top tien finaliste. Lede van die Suid-Afrikaanse Chefs-assosiasie (SACA), het die kompetisie beoordeel. Worsmakers van regoor die land het hul resepte vir die kompetisie ingestuur.
‘n Ma van twee, Yvonne Blaauw van Wellington in die Wes-Kaap, het egter met die wenplek weggestap. Die oud-Springbok rugbyspeler, Bakkies Botha, het ook die finaal bygewoon.

Latest News

COMMENTS

Parys GazettePotchefstroom HeraldSedibeng SterVaal Weekblad
Top