Duiweboer slaan ‘n nuwe bakkie los

Jan Bester ontvang die sleutel van sy nuwe bakkie van die eienaar van Dinokeng Lofts, Banie Deetlefs.

Jan Bester het twee jaar gelede drie duiwe vir ‘n spesiale wedvlug van Dinokeng Lofts naby Pretoria ingeskryf. Op Sondag, 16 September, het die duiwe saam met meer as 900 ander aan ‘n wedvlug vanaf Richmond in die Noord-Kaap deelgeneem.
Hulle moes ‘n afstand van 780 kilometer aflê om weer die hokke te bereik.
Een van Bester se duiwe, ‘n mannetjie, was een van vier duiwe wat gelyk terug by die hokke was. Sy duif was egter die eerste om in te klok. Baie warm weer tydens die wedvlug het veroorsaak dat net ses duiwe dié dag die hokke by Dinokeng bereik het. Behalwe dat Bester duiweboere van regoor die land uitgestof het, het hy ook ‘n Nissan NP 200 bakkie as prys vir sy duif se wenplek ontvang.
“Vir my is die eer om dié groot wedvlug te wen amper groter as die wen van die bakkie. Dit is ‘n prestasie waarvan baie ouens net droom,” het die trotse Bester, wat al vir bykans 30 jaar aan die sport deelneem, aan die Herald gesê.
Bester is baie bekend in duiwe-kringe omdat hy vir jare in sy klub en ook die provinsie se bestuur gedien het.
Hy is tans steeds die voorsitter van die Carletonville Bowling Club (CBC), waarvan die Carletonville Duiweklub ook deel is.
Enige iemand wat by die klub wil aansluit, kan Bester by 083 452 1965 skakel.

Latest News

COMMENTS

Parys GazettePotchefstroom HeraldSedibeng SterVaal Weekblad
Top