“Die Blou-bul” liedjie nie meer Bulle se opdraflied nie

Plaaslike Blou Bul-ondersteuners sal voortaan nie meer die Loftus liefling se “Die Blou Bul”-liedjie kan hoor wanneer die Pretorianers op Loftus opdraf nie.

Netwerk24, berig dat Shanil Mangaroo van die Blou Bullerugby–unie erken dat die liedjie nie aan die begin van die laaste paar Curriebeker-wedstryde gespeel is nie.

Volgens Mangaroo is die liedjie nie verban nie, maar dat die unie slegs iets anders wil probeer. Tans word Queen se “We will Rock you” deur die unie sterk oorweeg om Hofmeyer se treffer te vervang.

Latest News

COMMENTS

Parys GazettePotchefstroom HeraldSedibeng SterVaal Weekblad
Top