Spesiale dag ten bate van DBV

Een van die inwoners wat Dinsdag haar troeteldier by die Carletonville DBV teen hondsdolheid laat inent het.

Diere-eienaars wat deel van dié dag wil wees, sal hondekos as toegang moet saamneem. Die aksie begin om 10:00 en almal is welkom. Belangstellendes kan 083 642 7384 of 071 676 7594 vir meer inligting skakel.
Intussen is die DBV se perseel in Beersterstraat ook Maandag en Dinsdag deur personeel van die Staatsveearts op Randfontein as basis gebruik om honde en katte teen hondsdolheid in te ent. Dié aksie kom vandag, Donderdag 11 Oktober, tot ‘n einde wanneer verdere gratis inentings van 09:00 tot 16:00 by die St Helen’s Heights Woonstelle in Oberholzer gehou sal word. Volgens ‘n personeellid van die Staatsveearts se kantoor, me. Keabetwe Ngoetjana, is 178 deur die loop van Maandag teen dié gevaarlike siekte ingeënt.
Die DBV herinner lede van die publiek ook om nou al blyplek in die DBV se hokke te bespreek indien hulle wil hê dat hul diere tydens die Desembervakansie daar oorslaap.
Enige iemand wat meer inligting wil hê, kan die DBV by (018) 788 6262 skakel.

 

Latest News

COMMENTS

Parys GazettePotchefstroom HeraldSedibeng SterVaal Weekblad
Top