R600 ‘verdwyn’ tydens betaling aan Merafong

Volgens ‘n raadslid van dié dorp, me. Annett Venter, het die inwoner op 5 Oktober hul munisipale rekening ten volle vereffen. Groot was hul verbasing egter toe hulle Maandag R1 000 se voorafbetaalde elektrisiteit gekoop het, maar net R400 se elektrisiteit ontvang het.
Op die kwitansie word duidelik aangedui dat die ander R600 teruggehou word vir die betaling van die uitstaande geld.
“Hoe kan dit gebeur? Daar is dan geen geld wat op hul rekening uitstaande is nie,” het Venter gekla.
Sy het genoem dat verskeie ander verbruikers in Fochville ook gekla het dat hulle nie oor die naweek krag kon koop nie.
Die Herald het verlede week berig dat inwoners vir ‘n tyd nie enige betalings of aankope oor die internet of by besighede kon doen nie, omdat die munisipaliteit na ‘n nuwe stelsel oorgeskakel het.
‘n Munisipale woordvoerder het Dinsdag op vrae oor die probleem reageer, deur te sê dat dit ook die gevolg van ‘n probleem met hul nuwe stelsel is.
“Die kliënt sal egter nie enige geld verloor nie omdat dit op hul verbruikersrekening teruggeplaas is,” het die woordvoerder gesê.

Latest News

COMMENTS

Parys GazettePotchefstroom HeraldSedibeng SterVaal Weekblad
Top