Video: Luiperds verras “Coach Arend” met 22ste verjaarsdagpartyjie

Arend van Wyk (22) het saam met die Luiperds Rugbyspan sy verjaarsdag gevier. Agter is Stairs Mhlongo, Tannah Stroebel (spanbestuurder), André Pretorius (Luiperds hulpafrigter) Voor is Bradley Moolman, Joe Smith en Louis van der Westhuizen. Foto: Wouter Pienaar

Daar was vreugde in die lug toe die Luiperds Rugbyspan hulle grootste ondersteuner en “afrigter,” Arend van Wyk, se 22ste verjaarsdag saam met hom die afgelope naweek gevier het.

Die Luiperds het ‘n verjaarsdagkoek in die vorm van ‘n rugbytrui, sowel as ‘n getekende foto en rugbybal as verjaarsdagpresente vir Arend gegee. Die grootste geskenk vir Arend was dat die Luiperds saam met hom sy verjaarsdag gevier het en ook vir hom gesing het: “Veels geluk liewe Arend omdat jy verjaar, mag die Here jou seën en nog baie jare spaar!”

Arend is al vir jare sinoniem met die Luiperds waar hy elke oefensessie en tuiswedstryd bywoon, en die span se sukses op sy mou dra.

Hierdie verjaarsdagpartyjie het by Seisoene in Potchefstroom plaasgevind.

Kyk die video hier:

Latest News

COMMENTS

Parys GazettePotchefstroom HeraldSedibeng SterVaal Weekblad
Top