Wes Wits eindig seisoen

Wes Wits se rugbyspanne het die afgelope naweek teen hul groot vyande, Harlequins, in die semi-finale van hul liga te staan gekom.
Wes Wits se rugbyspanne het die afgelope naweek teen hul groot vyande, Harlequins, in die semi-finale van hul liga te staan gekom.
Wes Wits se rugbyspanne het die afgelope naweek teen hul groot vyande, Harlequins, in die semi-finale van hul liga te staan gekom. Volgens die klub se voorsitter, Barney de Koker, moes die Eerstes ongelukkig met ‘n telling van 20 – 37 die aftog teen die opponente blaas. Van Wes Wits se spelers het hulle egter baie goed van hul taak gekwyt. James Block het twee drieë gedruk en kon ook daarin slaag om een te verdoel. Sarel Roos het ook ‘n drie gedruk terwyl Johnny Bates met ‘n strafskop geslaag het. Intussen moes Wes Wits se o/20-span met ‘n telling van 36 – 15 die knie teen Harlequins buig. Wynand Redelinghuys, Jakkie Swart en Wian Britz het vir Wes Wits drieë gedruk. “Hoewel ons nie gewen het nie, is ek baie tevrede met ons span se spel die afgelope seisoen. Ons het met ‘n baie jong eerstespan gespeel en ek wil al die spanne se spelers uit my hart uit bedank vir al hulle harde werk. Ek wil ook baie dankie sê aan die toeskouers en afrigters,” het De Koker Dinsdag aan die Herald vertel. Volgens hom is die rugbyjaar egter nog nie heeltemal tot ‘n einde nie omdat die klub nog op 30 Oktober ‘n gholfdag gaan aanbied.

Latest News

COMMENTS

Parys GazettePotchefstroom HeraldSedibeng SterVaal Weekblad
Top