Groei ‘n mo vir ‘n bro

0F6A3967copy-Large-267x400

Movember is hier en dit beteken dat mans wêreldwyd snorre groei om bewustheid oor gesondheidskwessies soos prostaat- en testikulêre kanker te skep.

As jy jaarliks aan dié inisiatief wat in November aangebied word deelneem, weet jy al wat dit behels en hoe jy moet maak. Vir diegene wat nie seker is nie, hier is wat jy moet doen tydens Movember-maand:

Reël 1:

Besoek die Movember-stigting se webblad (https://za.movember.com/get-involved/moustaches) en teken in. Op dié manier kan jy foto’s oplaai van jou snor en as jy geld help insamel is daar ook ʼn telbord om te kyk wie die meeste geld bymekaar kan maak.

Reël 2:

Skeer jou gesig skoon op 1 November. Bêre maar voorlopig jou baardolie want jou baard moet ook afgeskeer word.

Reël 3:

Laat groei jou snor vir die volgende 30 dae.

Reël 4:

Alle Mo bro’s moet vriende en kollegas aanmoedig om ook deel te neem en bewustheid help kweek oor gesondheidskwessies wat mans raak. – Bron www.maroelamedia.co.za

Met baarde wat tans hoog mode is moet mens jouself die vraag afvra of jy bereid sal wees om jou geliefde baard vir ‘n goeie doel te laat waai.

 

Latest News

COMMENTS

Parys GazettePotchefstroom HeraldSedibeng SterVaal Weekblad
Top